BENODIGDHEDE
M oYa 100% katoen DK (50 g-balle): 11 balle London Sky Lot 122
3,5 mm-hekelpen
Naald met groot oog
1 knoop met steeltjie (35 mm in deursnee)
Merkertjies
GROOTTE
Omtrek = 90 cm; Lengte = 56 cm
AFKORTINGS EN STEEKVERDUIDELIKINGS
beg – begin, dies – dieselfde, driesl – drieslagsteek, gs – glipsteek, h/af – heg af, herh – herhaal, kb – kortbeen, ks – kettingsteek, lb – langbeen, rdte – rondte, RK – regte kant, sp – spasie, st – steek, tes – tesame, vlg – volgende Drieslagsteek:
1. Slaan die draad drie maal oor die pen.
2. Steek die pen in die volgende steek.
3. Slaan die draad oor die pen en trek die pen deur die eerste lus sodat daar vyf lusse op die pen is.…
