As jy jouself met ’n ikoniese vroulike rolprentkarakter moes vergelyk, wie sou dit wees? Iemand met wie jy die meeste gemeen het, sekerlik nie in elke opsig nie, maar by wie jy tog iets omtrent jouself in die karakter eien.
Aan die manlike kant is daar ’n hele rits om uit te kies. Tarzan, Rhett Butler, James Bond, Crocodile Dundee, Jason Bourne, Rocky Balboa, Indiana Jones, Superman, Batman, die lys is lank.
Ek’s bevrees my kop slaan heeltemal toe as ek aan ikoniese vrouekarakters probeer dink. Sharon Stone in Basict Instinct? Charlize Theron in Monster? Glenn Close in Fatal Attraction? Dakota Johnson in Fifty Shades of Grey? As jy met enige van hierdie vroue kan identifiseer, het jy ’n probleem.
Daar was dosyne wonderlike, sterk en interessante vroulike karakters in…
