• As jy iets soos truffelolie of wildevarksous wil koop, laat dit vir ingeval vakuumverpak en sit dit in jou tas, want dis meestal meer as 100 ml en dus nie toelaatbaar in jou handbagasie nie.
• Norcia lê in Perugia in die suidoostelike deel van Umbrië. Daar is lughawens regoor die streek, maar ons het verkies om dit per motor van Gualdo di Macerata in Le Marche, by die wonderlike gastehuis Cancello Est in Via Borga, sowat twee uur weg, te verken.
• As die gedagte aan kosfeeste jou mond laat water, skryf gerus een van dié feeste in jou dagboek: Asynfees (Modena, Mei, Junie), Parmahamfees (Langhirano, September), Truffelfees (Fragno, Oktober), Kastaiingfees (Fanano, November) en Olyfoliefees (Brisighella, Desember).…