Stroomplatforms groei en verander daagliks, so jou perfekte reeks is daar buite iewers, reg om ontdek te word. Ratel daai kettings, Halloween is op ons!
• Die Spreeus seisoen 1, rillerdrama oor speurders wat bonatuurlike misdade ondersoek, 2019, kettingkyk nou op Showmax.
• Shining Vale seisoen 1, rillerkomedie oor ’n skrywer wat glo dit spook in haar nuwe huis, 2022, kettingkyk nou op Showmax.
• The Walking Dead seisoene 1-11 (tot episode 16), riller oor oorlewendes ná ’n zombie-apokalips, 2010-nou, kettingkyk nou op Disney+.
• Devs seisoen 1, wetenskapfiksieriller oor ’n vrou wat haar kêrel se dood in Silicon Valley ondersoek, 2020, kettingkyk nou op Disney+.
• Spoopy Movie Time seisoen 1, rillerkomedie-antologie wat met rilflieks spot, 2020, kettingkyk nou op Prime Video.
TVPLUS STROOM
Acorn TV: acorn.tv/Amazon Prime Video:…