Stroomplatforms groei en verander daagliks, jou perfekte program wag dus op jou. Dié programme kan jou help om Afrikadag op Woensdag 25 Mei te vier . . .
• Trevor McDonald: Return To South Africa ’n spesiale dokkie oor post-apartheid Suid-Afrika, 2018, kyk nou op BritBox.
• Journey Of An African Colony seisoen 1, dokkiereeks oor Nigerië se gekwelde pad na onafhanklikheid, 2018, kettingkyk nou op Netflix.
• 40 & Single seisoen 1, Ghanese romantiese drama, ’n homoseksuele vrou van gemengde afkoms soek sukses in Akkra, 2018, kettingkyk nou op Netflix.
• Shining Girls seisoen 1, sci-fi-reeks gegrond op die gelyknamige roman van die Suid-Afrikaanse skryfster Lauren Beukes, 2022, kettingkyk nou op Apple TV+.
• Great Parks Of Africa seisoen 1, natuurdokkiereeks oor Afrikabewaring, 2019, kettingkyk nou op Showmax.
•…