Naam: Genevieve Terblanche.
Pos: Senior skrywer en verwarde tydreisiger. Is dit alweer Paasfees?
Ek kyk nou: Die animasiereeks The Boys Presents: Diabolical, seisoen 1 (van 1) op Amazon Prime.
My mening oor die reeks: Dié vrolike, bloedige superheldanimasiereeks vir volwassenes speel af in dieselfde wêreld as die distopiese aksiekomediereeks The Boys en het ’n ouderdomsperk van 18+, want, mensig! Die storielyne sluit onder meer in ’n baba met dodelike laservisie, superheldkinders wat hul ouers wat hulle verlaat het wil vermoor, en ’n karakter wat ’n vriend skep uit haar eie . . . wel, kyk self. Elkeen van die agt episodes het sy eie animasiestyl, kies dus waarvan jy hou. Episodes is net minder as 20 minute lank, dit is dus perfek wanneer jy ’n anargistiese opkikker nodig het, of…
