Die Groot Niks
Seisoen 1 Saterdae kykNET (*144) 18:00
Die akteur Neil Sandilands wat sedert 2007 aan en af in Los Angeles, Amerika, woon en werk, en sy merk al in verskeie internasionale reekse, soos The Flash (Clifford DeVoe), News Of The World (Uncle Wilhelm Leonberger op Netflix) en Sweet Tooth (General Abbot, ook op Netflix), gemaak het, keer terug na Afrika as aanbieder van Die Groot Niks om die ongenaakbare, dorre Namib-woestyn in al sy fasette te leer ken. En op die koop toe ontsluit hy van die geheime en wonders in hierdie ongerepte, vreemde wêreld. Neil het uit Auckland, Nieu-Seeland, waar hy aan die volgende seisoen van Sweet Tooth werk, met tvplus oor hierdie belewenis van ’n leeftyd gesels.
Hoekom het jy dadelik ingestem toe die vervaardigers, Hannes…