Dikwels beteken ’n nuwe jaar ’n nuwe begin, ’n geleentheid om vars te begin. Maar in 7de Laan beteken dit ’n splinternuwe gesin wat hulle in Hillside kom tuismaak. Laat ons jou voorstel aan die Visagie-gesin: pa Werner (Zak Hendrikz), ma Tanya (Liezl de Kock), seun Uys (Daniel Coetzee) en ouma Augusta (Hannelie Warren, Ilse in Binnelanders, lees meer op ble. 14, 15 en 35). Hulle kom uit ’n nederige agtergrond in Groblersdal in Mpumalanga, het hul sakke gepak en na Hillside getrek, en ons is reeds dol oor hulle!
“Die sepie het ’n plat-op-die-aarde-, sout-van-die-aarde-gesin, ’n gesin by wie jy aansluiting kan vind, nodig gehad,” verduidelik die sepie se reklameagent, Kayleen Bessit. “Dit het ’n gesin benodig wat nie gedurig op die oorlogspad is nie, of konkel om enigeen…