Dinge is besig om vinnig te beweeg met Bridgette (Denise Newman) en Donovan (Marvin-Lee Beukes) se verlowing. Die paartjie is gretig om te trou en besluit om dit sommer in die hof te doen, ten spyte van Bridgette se susterskind, Zoe (Lauren Joseph), se teenkanting. “ Mrs J. (Theresa Sedras), Bridgette se ma, haar suster, Lee-Ann (Portia Joel), en Bridgette se swaer, Ty (Maurice Paige), ondersteun wel Bridgette en Donovan se troue, en verras hulle deur saam te gaan hof toe vir die seremonie,” sê Denise. Zoe en haar man, Tim (Marco Spaumer), is geskok wanneer hulle die dag hoor die troue is agter die rug en hulle is nie genooi nie.
Maar Zoe en haar tannie se slegte verhouding is nie Bridgette en Donovan se grootste probleem nie. Kort…