Of jy lus is vir ’n laataand gruwelfees wat jou laat ril of iets soek wat die hele gesin kan kyk, jy sal dit op Showmax vind.
Halloween is verby, maar spoke is vir party mense heeljaar lank ’n vereiste. Maar indien dit nie jou smaak is nie, het ons die beste flieks op Showmax gekies wat die hele gesin kan geniet. Kry jou springmielies gereed, bespreek jou sitplek en skuif reg vir ’n fees!
NET VIR DIE DAPPERES
MIDSOMMAR
Dani ( Florence Pugh) gaan saam met haar kêrel, Christian ( Jack Reynor), ’n navorser, na ’n Skandinawiese fees, maar dis meer bloed, moord, hallusinasies, visoene, demone en nóg meer, as ronddans!
HAUNT
Die eerste reël van Halloween is: Moenie in spookhuise gaan ronddrentel nie. Nooit nie. Maar dís mos…