Dis nie net nuwe uitreikings wat ons na stroomplatforms laat stormloop nie. Daar is ook programme wat jy nie durf misloop nie, maar dalk nie van weet nie. Daar is talle fassinerende sienings oor die Covid-19-pandemie. Hier is ’n paar . . .
• Borat’s American Lockdown & Debunking Borat seisoen 1, komediedokkie, 2021, kyk dit nou op Amazon Prime Video.
• COVID Diaries NYC seisoen 1, filmmakers 17-21 jaar oud neem hul ervaring van die pandemie op, 2021, kyk dit nou op Showmax.
• The Art Of Survival seisoen 1, Suid-Afrikaanse dokkie oor vermaakkunstenaars se stryd teen die pandemie, 2021, kyk dit nou op Showmax.
• Outbreak Onboard Special, dokkie oor die pandemie aanboord van plesiervaarte, 2020, nou op Amazon Prime Video.…