Dis nie net nuwe uitreikings wat ons na die stroomplatforms laat storm nie. Daar is programme wat jy nie durf misloop nie, maar dalk nie van weet nie. Met Vrouedag, Maandag 9 Augustus, om die draai, is hier ’n paar programme wat vroue vereer:
• Why Women Kill seisoen 1 (van 3), dramedie oor vroue wat met moord wegkom, 2019-nou, Showmax.
• Saudi Women’s Driving School spesiale dokkie oor ’n bestuurskool net vir vroue, 2019, Showmax.
• Sheroes Of Our Time seisoen 1, dokkiereeks oor merkwaardige vroue, 2017, Showmax.
• Betty seisoen 1-2, dramareeks oor vroueskaatsplankryers in New York, 2020-nou, Showmax.
• The Marvelous Mrs Maisel seisoen 1-3, komedie oor ’n deftige huisvrou van die 1960’s wat ’n skerpskertser word, 2017-nou, Amazon Prime Video.…