Anton (Dean Richard Olivier) se lewe is op sy kop gekeer! Die jong bakkery-eienaar het einde Oktober ’n nuwe assistent, Natalie (Carmen Maarman), by sy besigheid aangestel, maar is nou spyt daaroor. “Natalie, oftewel Naz, soos sy haarself aan Anton voorgestel het, is niemand anders nie as Anton se vervreemde ma!” sê Dean. Natalie het Anton en sy pa, Hein, (Merlin Balie) jare gelede, toe Anton ’n tjokkertjie was, gelos en spoorloos verdwyn. En nou het sy met opset by Anton se bakkery kom werk toe haar lewe in Johannesburg uitmekaar val.
Pa Hein, die faktotum by die Hoërskool Arendsvlei, was die afgelope ruk by ’n skoolkamp, maar toe hy onlangs by sy seun se bakkery instap, was hy verstom om sy groot liefde, Natalie, daar te sien. Sedertdien het…