Daar is nie net ’n stormloop na nuwe uitreikings op stroomplatforms nie, maar ook na programme soos dié tekenprente vir volwassenes wat jy in Julie kan kettingkyk.
• Mr Pickles S1-3 komedie, 2014-2018, Showmax. Mr Pickles, ’n bose hond, verdedig sy geliefde eienaar.
• South Park S19-23 komedie, 2015-2019, Showmax. ’n Vuilbek kindanargis maak amok.
• Undone S1 sci-fi, 2019, Amazon Prime. ’n Vrou reis deur tyd in dié reeks wat die realiteit verdraai.
• Banana Fish S1 aksie-anime, 2018, Amazon Prime. ’n Bendeleier beskerm ’n onskuldige joernalis.
• Pets, Robots & Melons S1 2019, sci-fi, Amazon Prime. Robotte, spanspekke in die ruimte, verliefde skeerbekmuise en baie meer!
• Bojack Horseman S1-6 dramedie, 2014-2010, Netflix. Geestesiektes word verken met behulp van mensagtige diere in Hollywood.…