DESEMBER
Kersdag was nog altyd ’n eensame dag vir At, maar vanjaar is Annelize, sy vrou, daar om te verseker hy sit nie, soos vorige kere, alleen in die donker nie. Chanel en Danny se verhouding verdiep – maar ook net tot Brandon Samuels (Zane Meas), Chanel se pa, onverwags besoek aflê. Brandon is glad nie ingenome met Danny nie en Chanel wonder wat haar pa in Pretoria kom soek, veral oor die Kerstyd. Steve steek iets vir Danny weg, en Danny wonder wat die konneksie tussen die Samuelse en sy eie familie, die Jantjiese, kan wees.
Steve probeer sy chemoterapiesessies met waagmoed aanpak, maar sy moed begewe hom tot hy vir Rachel (Kayla Kolb), een van dokter Hugo se pasiënte wat ook ’n kankerlyer is, ontmoet. Rachel se goeie…