Living The Dream
Seisoen 1 Maandae ITV Choice (*123) 20:00 (begin 25 November)
Ná ’n leeftyd van Yorkshire in Engeland se bewolkte lug, verkoop Mal Pemberton (Philip Glenisiter, DCI Gene Hunt in Life On Mars, 2006-2007) sy onderneming en besluit om ’n nuwe avontuur saam met sy vrou, Jen, (Lesley Sharp, DC Janet Scott in Scott & Bailey, 2011-2016), en hul kinders, Tina (Rosie Day, Lisa in Good Omens, 2018) en Freddie (Brenock O’Connor, Olly, 2014-2016 in Game Of Thrones, 2011-2019) aan te pak. Sonskyn, herehuise, swembaddens en lowergroen plantegroei wag op hulle in hul nuwe tuiste in Florida in Amerika, glo Mal. Daar gaan hulle hul droom kan uitleef in die komedie Living The Dream (2017-nou), van 6 episodes.
“Ek dink dis die probleem met die Britte – hulle…