H Weekdae e.tv (*194) 11:30
VERLEDE KEER
Reneilwe het aangekondig sy is verloof aan haar nuwe musiekvervaardiger, Mark, Mapula het haar kêrel, Banele, met haar vroetelpappie, Gift, gekul, en Fats het ’n bokstoernooi gereël.
6 – 8 NOVEMBER
Mark stem in om voort te gaan met die troue ondanks die feit dat hy koue voete kry, en Gift manipuleer Mapula steeds. Jafta betrap vir Hawk wat met sy meisie, Sis’Bee, flankeer, en Mark en Renei begin stry. Kea hoor die waarheid oor Mapula en Gift se verhouding, Jafta probeer Sis’Bee van Hawk terugwen, en daar duik ’n onverwagte probleem by die troue op.
11 – 15 NOVEMBER
Renei dring daarop aan om haar nuwe liedjie bekend te stel al het Mark haar voor die troue in die steek gelaat, en…
