So oorstelp as wat Lehasa (Cedric Fourie) is omdat sy meisie, Lelo (Amanda du-Pont), gewillig is om die lewe te skenk aan sy baba, maak hy dit reg van die begin af duidelik: Dis sý baba, nie hare nie. Die bevrugte eiersel wat in haar baarmoeder gebruik gaan word, is dié van sy oorlede eksvrou, Zandile (Matshepo Maleme), en sy is niks meer as ’n broeikas nie. “Lelo gaan geen ouerlike regte hê nie, en dít laat haar ongemaklik voel,” sê Cedric. Hul verhouding is troebel. Hulle stry gedurig en Lehasa wil nie hê enigiets moet hom met Lelo verbind as hy haar afsê nie. Dit is sý kind hierdie, vertel Cedric. “Lehasa is desperaat om die baba te hê. In dié stadium lyk Lelo na die veiligste keuse, want…