Net toe Zandré Lategan (Dèanré Reiners) op die punt is om die soektog na sy biologiese pa te laat vaar, daag ’n gesinsvriend, Lincoln (Lindani Nkosi), met ’n besoeker by die voordeur op. Hy stel die vreemdeling voor as Marius (Dirk Stoltz). Dié naam is aan Zandré bekend nadat sy ma, Lalage (Elma Postma), in Mei onthul het sy was 20 jaar gelede ontrou aan haar oorlede man, Hendrik (Gérard Rudolf), met ’n vriend genaamd Marius, wat Lalage laat swanger raak het.
“Zandré is sprakeloos,” sê Dèanré. Nadat hy uitgevind het die man wat hy sy lewe lank pa genoem het, is ’n bedrieër, het hy nie gedink hy sal Marius opspoor ná al die doodloopstrate waarin hy beland het nie.
“Dis ’n groot ding vir Zandré. Hy ervaar soveel…