Van moord beskuldig: Charmaine en haar dogter Vanessa se verhouding het al vele toetse geslaag. Maar toe Vanessa se eersteling, Aubrey, in 2005 aan die fiktiewe Fleischmann-siekte oorlede is, was die band tussen ma en dogter besig om uit te rafel, veral omdat Charmaine van haar kleinkind se moord beskuldig is.
Die polisieondersoek het gewys Aubrey se masjiene is afgesit en weer aangeskakel voor verpleegsters hom dood ontdek het. En toe word die vinger boonop na sy ouma, Charmaine, gewys.
“Charmaine het volgehou sy is onskuldig, maar daar is gespekuleer of sy dalk ’n genadedood gepleeg het,” het Vinette destyds gesê.
Charmaine en Neville trou: Charmaine het in 2007 met die liefde van haar lewe, Neville, die eienaar van die Hillside Times-koerant, afgehaak. Twee jaar later het hulle weer hul…
