Toe ons hierdie spesiale uitgawe begin beplan het, was ek aan die stoei met die Stad Kaapstad om goedkeuring te kry vir ’n klein projekkie by my huis in Tamboerskloof; ons kreatiewe redakteur, Marian, was besig met ’n volledige huisopknap in Plettenbergbaai; Gill, die Engelse vertaler, was midde-in ’n badkameropknap en ons kosredakteur, Johané, pas klaar met ’n aanbouing by hul gesinshuis in Durbanville. Beatrice, ons artikelredakteur, het kort tevore húlle huis laat vernuwe, en dan weet ek mos Andrew, die ontwerpredakteur, is altyd aan die werskaf met ’n hamer of kwas.
Want dis hoe ons rol. “Living the brand”, is die Engelse uitdrukking. Ek het nou die dag gespot en gesê dis dalk eerder ’n geval van “surviving the brand”, want hoe kan mens dan nou anders as jy…
