Pieter Malan, die gerekende rubriekskrywer, skryf nou een Sondag in Rapport:“Kids word nou groot in ’n reënboog, die keuses is soveel meer.” En dan later: “[Die wêreld] is nie meer beige nie, dis chaoties.”
Dieselfde week het ons ’n beplanningsvergadering en ons praat oor kleur-trends en wat dit is wat mense nou eintlik wil sien. Want die trend tans is beslis meer neutrale kleure, so sê (sommige) kenners, maar as ek sien wat lesers in hul huise doen, is ek nie aldag seker nie. Want daar is steeds baie kleur en baie patrone, maar ja, ons sien ook meer salige naaswitte, en sagte groene, en pastelpienke… Gaan kyk maar na Duram se Habitat-reeks, die een kleur so sag op die oog soos die volgende! Ek verkyk my.
Ons kosredakteur, Johané,…
