1 ’n Galerymuur
Een van die doeltreffendste maniere om te keer dat jou TV-skerm die fokuspunt in ’n vertrek word, is deur dit met geraamde kunswerke te omring. Dis juis wat Nicolette Geldenhuys in haar huis in Kommetjie in die Kaapse Skiereiland gedoen het. Ou en nuwe kunswerke, onder meer van haar eie illustrasies en ander stukke wat sy oor jare versamel of by vriende geruil het, pas perfek in die kleurskema van groen, swart en natuurlike tone in die oopplanruimte.
“Die hoë uitstalrak links gee hoogte en dimensie, en is ideaal vir kosbaarhede soos my Noush-poppe,” sê Nicolette.
FRAAI VENSTERS
Gordyne van deursigtige of ligte materiaal wat met strikkies aan die reling vasbind, dra ’n romantiese, sagte gevoel oor. Dit pas in verskeie dekorinkledings, van Frans en shabbysjiek tot…