WIE WOON HIER? Terry de Vries
WAAR Barrydale, Klein-Karoo
GROOTTE Sowat 200 m² (voorstoep uitgesluit), erf 1 115 m²
Die helderblou tuinhek sit so half astrant tussen pragtige handgestapelde klipmure by Terry de Vries se huis op Barrydale. Die klip is pure Karoo, maar die kobaltblou hek herinner aan Mexiko.
Terry, ’n oudjoernalis en jare lange Stellenbosser, woon sedert Junie 2018 op Barrydale. Sy is ’n bondel energie, maar terselfdertyd ook die ene rustigheid. Hoewel sy ’n B.Sc.-landbougraad het, is sy deesdae ’n transformasie-fasiliteerder en bied sy jogaklasse, labirintstappe en meditatiewe stilwordsessies aan by haar plek, Kamala Retreat House.
In 1996, toe Terry reeds twee jaar klas gegee het by Maties se joernalistiek-departement, het haar reismiere erg begin kriewel. Die jaar voor haar seun, Josua (nou 29, ’n filmmaker), graad…
