SKEP EN VERNUWE!
WIE Chrismarié Barnardt
WAAR Kaapstad
BESIGHEID Kindbrush
HAAR WERK Die uitwerking van tradisionele mondsorgprodukte op die steeds groeiende besoedelingskrisis weens plastiek het dié mondhigiënis en natuurliefhebber van Seepunt diep bekommerd gemaak.
Haar oplossing was ’n mededingende, ekovriendelike alternatief vir mondsorgprodukte van plastiek. “Die filosofie agter Kindbrush is ‘omgee’ – om bewustelik om te sien na ons eie welstand, dié van ander en die planeet,” verduidelik sy. Haar produkte word van bio-afbreekbare, herwinbare materiale soos bamboes en glas gemaak en sluit tandeborsels, vlos en liproom in. Sien meer by thekindbrush.com.
Nuwe Cemcrete-kleure!
RenoCrete, die dekoratiewe pleister met ’n sementbasis van Cemcrete wat jy met ’n spuit of troffel aanwend, is nou in nege nuwe kleure te kry: Calm, Deep Ocean, Otter, Seal Grey, Kelp, Mollusc, Coastal Fog, Cuttlefish…
