Maak 8 pakkies • Bereidingstyd: 25 minute (mits die rys reeds gaar is)
• 8 vierkantige nori-velle • 2 koppies soesji-rys, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie • 25ml swart sesamsaadjies • ½ komkommer, in dun skyfies gesny • 8 radyse, dungesny • sowat 100g gerookte salmstukkies • sowat 80ml ingelegde gemmerskyfies, fyngekap • Shichimi togarashi-speserye (sien kassie) of wasabi • 1 ryp avokado, ontpit, geskil en in dun skyfies gesny • 3 sprietuie, fyngekap • Kewpie-mayonnaise en sojasous vir voorsit WAT IS SHICHIMI TOGARASHI?
Shichimi togarashi, oftewel Japannese 7-speserymengsel, is ’n lekker branderige geurmiddel wat gewoonlik bestaan uit gedroogde rooi brandrissiepoeier, Sichuan-peperkorrels, gedroogde lemoenskil, swart en wit sesamsaadjies, gemaalde gemmer, papawersaad en nori. Kyk uit daarvoor by jou naaste Oosterse supermark of deli. Dis nie net lekker saam met soesji nie, maar ook oor noedels, in invryfmarinades, soppe en slaaie…
