WIE WOON HIER? Jodi en Allan Lawrence en hul kinders, Luke (19), Meg-Rose (17), Benjamin (13) en Levi (10), en die honde Jackson Brown en Enyo
WAAR Kommetjie, Wes-Kaap
GROOTTE 410m²
Vir Jodi Lawrence, mede-eienaar van die huiswareonderming 8 Degrees South, en haar man, Allan, was dié oudmodiese huis op ’n dubbel-erf in Kommetjie eenvoudig onweerstaanbaar. Hulle het verby die geel siersteenmure buite, ou houtraamvensters en deure wat deur die seelug verweer is, die outydse kombuis en badkamers gekyk en al wat hulle gesien het, was tonne potensiaal. “Die feit dat dit net ’n kort stappie strand toe is, was nog ’n trekpleister,” onthou Jodi.
Sy en haar vennoot, Lola Casey, het die huis se opknap aangepak en hulle gedurende dié transformasie laat lei deur die natuurlike, luilekker styl wat…
