WIE WOON HIER? Adrian Lombard
WAAR Pringlebaai, Wes-Kaap
GROOTTE 344m² (stoepe ingesluit)
Ruimtes word gevul met mense, daarom moet die klem op die mense, eerder as op die voorwerpe daarin, val. – Adrian Adrian Lombard maak nie net graag ander mense se blyplekke mooi nie, hy herskep ook sy eie huise in smaakvolle fokuspunte – soos dié houthuis op Pringlebaai wat hy en sy suster, Monica Soer, die afgelope twee jaar opgeknap het.
Tydens sulke projekte werk hy so ver moontlik met klein, plaaslike bouspanne en entrepreneurs, terwyl Monica kreatiewe insette lewer. “Monica is goed met kleur en komposisie; sy’t ’n oog vir detail,” sê hy.
“Ek noem myself ’n reeks-entrepreneur, want ek het ’n ingenieursen tegniese agtergrond, wat ’n goeie grondslag is vir my loopbaan as skeppende direkteur, handelsmerkstrateeg…
