WIE WOON HIER? Debbie Luke, haar dogter, Summer, TT die kat en Bumper die hasie
WAAR Parkhurst, Johannesburg
GROOTTE 200m²
Debbie Luke en haar destydse lewensmaat, Tim Apter, het in 2013 begin huis soek en dis toe dat hulle afkom op ’n halfklaar huis in Parkhurst, Johannesburg. “Blykbaar het die bouer met die projek se geld verdwyn en moes die eienaars die huis sonder toebehore en afwerkings verkoop,” verduidelik Debbie.
Niks was veilig of volgens spesifikasies nie en sonder ’n okkupasiesertifikaat kon Debbie en Tim nie ’n lening kry nie. “Daar was mure, ’n dak en ’n paar pragtige hortjies, maar g’n loodgieterswerk, sanitêre ware of vloerbedekkings nie – die huis was eintlik net ’n leë dop,” sê sy.
Die paartjie het ’n goeie prys beding en dadelik ingetrek. “Agterna…