V: Waar kan ek vadoeke soos die een op bladsy 117 van die Mei 2019-uitgawe kry? – Cindy Brown, Pretoria
A: Daai vadoek is van Poetry (poetrystores.co.za). Woolworths (woolworths.co.za), MRP Home (mrphome.com), knus.co en yuppiechef.com hou ook mooi bedrukte vadoeke aan.
V: Ek hou van die mat op bladsy 18 van die Augustus 2019-uitgawe; waar kan ek dit kry? – Sue Perkins, Johannesburg
A: Die mat is van Hertex (hertex.co.za). Probeer superbalist.com en Lund Rug Gallery (lundruggallery.co.za) vir ander patroonmatte.
V: Op bladsy 53 van die Mei 2019-uitgawe wys julle ’n klein bad in die Chapmans se huis in KwaZulu-Natal. Waar het hulle dit gekoop? – Janette Lester, Kaapstad
A: Die huiseienaar kan nie onthou waar sy dit gekoop het nie, maar kyk by Italtile (italtile.co.za), Eurotrend (eurotrend.co.za), Dado (dado.co.za),…