Toe hulle my vra of ek die gasspreker sal wees by dié ledevergadering in die Swartland, maak ek ’n teenvoorstel: Ja, ek sal kom praat, maar ek bring ’n verfkenner saam, dan verf almal iets wat hulle kan saamneem huis toe.
Ek laai my oudkollega, die verfkenner Dale Niehaus, in die kar, en potjies Tjhoko Paint wat op die agtersitplek ratel, asook kwaste en stensils waarmee die VLV-vroue wit linneservette kan opdollie.
Dis ’n vrolike spul vroue wat ons teëloop in die Tillies-saal in Tilla-laan, en ons smul aan tee en eetgoed voor die verfdemonstrasie begin. Tee uit ’n vlekvryestaal-pot proe darem net anders. Lekker, en vol nostalgie. Laat my dink aan kerkbasaar.
Dale laat waai, soos net sy kan. Die vroue lag, die verf spat en die servette is…
