[1] Raak kuns-tig
GROOTTE 45 m²
Ons het Tuis se kosredakteur, Johané Neilson, se oorspronklike stoepopknap in 2014 se Werf gewys. In laas jaar se uitgawe het die tuinontwerper Pietman Diener sy plan gedeel oor wat sy en haar man, Allister, met die res van dié deel moet doen. En hier is die eindproduk – perfek vir klein Zac wat intussen sy opwagting gemaak het!
Die projek
1 Die bure se pragtige doringboom wat skadu gooi oor die muur, het veroorsaak dat die gras ál yler gegroei en stadigaan begin doodgaan het. Daarom is die agterplaas in twee verdeel: ’n versierde sementblad waar die Neilsons kan braai, ’n tafel staanmaak en kuier, en ’n lappie kunsgras (sowat 20 m²) verder aan. Nadat die kunsgras geïnstalleer is, is dit netjies afgerond met…
