Plaaslike helde
Tuine word dikwels in moeilike omstandighede op die been gebring – dink aan lappies groenigheid in ’n droë Karoo-dorp, kolle kleur tussen rotsriwwe en kustuine wat sterk wind trotseer – met plante wat die toets van die tyd en veranderende modes deurstaan het. Baie van die staatmakers wat in tuine die wêreld oor groei, kom oorspronklik van Suid-Afrika: Agapante, aronskelke, Diascia, Crocosmia, gousblomme (Gazania), vuurpyle, Nerina, proteas en suurknolle (Watsonia) is net ’n paar van ons plaaslike skatte wat ook tuine in verre lande versier – en moenie vergeet van pelargoniums, die gunstelinge vir vensterbokse, houers en hangmandjies in Europa, nie.
Erfenisdag op 24 September is dus ook ’n viering van ons ryk plantverskeidenheid, en herinner ons om ons inheemse skatte te koester.
Glashelder
“Deursigtige” plante kan ’n…
