Gestopte varklende met tamatierys
Varklende is ’n heerlike, maer roosterstuk, perfek om met ’n vulsel te verryk. Maak dit versigtig gaar om te verseker die vleis is sappig en vol geur – en met ’n bros sooltjie is dit ’n pronkstuk.
Genoeg vir 8 rysbakkies Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 1 uur en 40 minute
• 1,5 kg varklende met die vel aan • 250 ml bier, witwyn of aftreksel • 3 ryp avokado’s, geskil • suurlemoen- of lemmetjiesap • mikrokoljander om voor te sit VULSEL
• sowat 30 ml avokado-olie • 400 g gemengde sampioene, gekap • 1 knoffelhuisie, gekap • 1 rooi brandrissie, fyngekap • sowat 2 wiele fetakaas, gekrummel Tamatierys
• 15 ml avokado-olie • ½ ui • 2 vars jalapeñorissies, ontpit en fyngekap • ½ soetrissie, ontpit en fyngekap • 15 ml harissa-pasta (opsioneel) • 250 ml jasmynrys, afgespoel • 500 ml water • sowat…
