In 2015 was Lizelle en Nico Janse van Rensburg op soek na ’n huis met goeie vloei, genoeg onthaalruimte en, omdat hulle nie graag wou opknap nie, stylvolle afwerking.
Daarom het dié dubbelverdiepinghuis in Melville, met sy houtvloere, rustieke kombuis, ontblote dakbalke en romantiese solderslaapkamer hul hart gesteel. Die gemaklike skakeling tussen die leefareas en kombuis en, natuurlik, die lieflike stoep met ’n geil tuin rondom het die transaksie beklink.
Dis moeilik om te glo dat dié kothuis 13 jaar gelede net as pakplek op ’n groter eiendom gebruik is. Dit was voor die erf onderverdeel en verkoop is. Trouens, die grootste verandering wat Lizelle en Nico gemaak het, was om die buitemure donkergrys te verf.
“Ons het nog altyd gehou van die idee van ’n huis met donker buitemure…
