Ons harige vriende is in ’n vrolike luim!
AB wie?
Pasop, Proteas, Mielo is reg vir die stryd! – Marie-Louise Fourie, Durbanville
Prentjiemooi
Katrien, soms Katryn Kruger genoem na die internasionale model, is darem self ’n ster! – Rochelle Loubser, Kaapstad
Welkom tuis!
Die boerboel Mischief is so bly om sy mens-mamma te sien. – Denita Verwey, Philadelphia
Warm kopie!
Die Alley Cat GPS Cat Tracker (R1 485, apetslife.co.za) gebruik Google Maps, asook GPS- en GSM-opsporing, sodat jy maklik jou kiets kan vind, maak nie saak hoe ver hulle gedwaal het nie! Jy kan ook geo-heinings met alarms aktiveer wat jou via SMS sal waarsku wanneer jou kat die afgebakende gebied verlaat.
Sit-sit ... nie so nie!
Theodore, ’n Arabiese Mau, is oorspronklik ’n straatkat van Dubai. – Maryke Gouws,…
