Take vir November
Deur Kay Montgomery
Soveel voëls!
25 November is Birding Day.
Dra by tot dié verdienstelike projek deur al die voëlspesies wat jy in ’n bepaalde tuin, park, skoolterrein of voorstad (of, as jy daarvoor kans sien, binne ’n radius van 50km van jou huis af) sien en hoor, aan te teken.
Lok voëls deur allerlei voëlvriendelike plante in jou tuin te kweek:
Vir nektarvretende voëls Aalwyn, Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis), koraalboom (Erythrina-spp.), notsung (Halleria lucida), wildedagga (Leonotis leonurus), huilboerboon (Schotia brachypetala), erikas en proteas is gewild onder suikerbekkies.
Vir vrugtevretende voëls Plant grootnoemnoem (Carissa macrocarpa), waterbessie (Syzygium cordatum), witpeer (Apodytes dimidiata), wildeperske (Kiggelaria africana) en fynblaarrooihout (Ochna serrulata) om voëls soos loeries en muisvoëls te lok.
Vir insekvretende voëls Deklae van blare en opgekerfde tuinafval behou nie…
