OP DIE KASSIE
Home Made Easy (seisoen 2 begin op 4 September op The Home Channel, kanaal 176 op DStv) het al die raad wat jy nodig het – van praktiese tuinwenke tot opwindende selfdoenprojekte en inspirerende dekorplanne. Die aanbieders van dié plaaslik vervaardigde reeks, Tanya Visser, Ryan Paulsen en Elle Franco, deel hul topwenke waarmee jy jou huis gemaklik kan inrig.
Homemakers Expo
31 Augustus–3 September: Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum 15–17 September: Parkview-winkelsentrum, Pretoria
Met vanjaar se tema, “Ter ere van jou huis”, is die ekspo ’n viering van jou leefruimte. Besoekers kan uitsien na stalletjies met dekor, meubels, tuine, kombuise, selfdoen-produkte en geskenke. Kaartjies kos tussen R50 en R80 by quicket.co.za; besoek homemakersonline.co.za.
As jy einde Augustus in die Kaap is, kom kuier vir ons in die Tuis-teater by…
