Ek ry saam met my reisgenoot deur die Suid-Kaapse platteland. My man het hier grootgeword, hy ken die wêreld goed. So ver as wat ons ry, noem hy die mooi klinkende name van die plase, die afdraaie, die stasies, die gehuggies.
Ouvloer, Botteliersfontein, Aasvoëlkop, Die Boord, Herbertsdale, Karringmelksfontein, Cooper’s Siding, Vadersgawe ... Oor elke plek het hy ’n storie te vertel: die mense, die gebeure, die kaskenades, die droefnisse, die lewe.
My man is ’n lewendige verteller, ek kan nie glo hoe vinnig die landskap verbygly nie. Toe ek weer kyk, sien ons Riversdal se beeldskone klein meisiekind; sy wat al vir eeue lank rotsvas en rustig slaap, lang wimpertjies op haar wange. Omdat my man se ouers soms lang tye weg was, moes hy as kind elke jaar ’n…
