Wanneer alles netjies en georganiseerd is , sal enige ruimte werk – ongeag die grootte. – Holly [# 1 Solder in Skandi-styl] Grootte 36 m2
Studente is mos maar gewoond aan knap blyplek, en Holly Muir, ’n finalejaar-BA-student, se stylvolle solderwoonstel is geen uitsondering nie. Maar dié plek is prakties ingerig, en omdat die leef-, slaap- en studeerruimte elkeen netjies afgebaken is, het sy oorgenoeg plek!
Haar ouers, Ronelle en Vince Muir van Holly Wood Kitchens and Furniture, het die motorhuis en woonstel daarbo in 2015 gebou sodat Holly onafhanklik en privaat kon wees.
“Elke aspek van die solderwoonstel is versigtig oorweeg,” sê Holly. “Ek het baie inspirasie op Pinterest gekry (ek is eintlik ’n bietjie verslaaf!) – veral vir die meubels wat ek self gemaak het, soos my kopstuk.…