1’n Stoep vir romanse
Die patio is die perfekte plek vir romantiese aande. Die geluid van water uit ’n losstaande of muurfontein sal bydra tot die atmosfeer. Gebruik latwerk as skerms vir privaatheid, beskutting teen die wind en vertikale ondersteuning vir klimplante soos die geurryke sterjasmyn (Trachelospermum jasminoides).
Hang mandjies propvol kleurryke jaarplante soos gesiggies, plaas potte met plante op staanders vir hoogte en baken die ruimte af met trôe waarin wit en ligte blomme en silwergrys loof groei. Kies plante soos vilette (Matthiola bicornis), soetamaling, Hosta, Nicotiana en Lilium wat hul geur saans vrystel.
2 Herfskleur
Laat jou tuin in die laatsomer spog met die ryk kleure van Alstroemeria, Echinacea, salie, Rudbeckia, dahlia en kosmos.
Struike wat die tuin in die herfs ophelder, sluit in persmuishondblaar (Plectranthus ecklonii) (1,2…
