OP DIE KASSIE
Koekedoor, KykNET se nuwe kompetisie vir amateurbakkers, begin op 12 Maart. Die beoordelaars is Tiaan Langenegger, Mari-Louis Guy en Elizabeth Cloete. Tiaan was een van die eerste wenners van Kokkedoor, Mari-Louis is ’n koekontwerper, kosstilis en -skrywer, en Elizabeth is ’n afgetrede biologieonderwyser en ’n voorste VLV-beoordelaar. Kyk saam!
Decorex Durban 2015
19-22 Maart, Durban-uitstalsentrum
Sien die jongste dekor- en ontwerpneigings, -produkte en -dienste en kry inspirasie vir jou binne- en buiteruimtes by KwaZulu-Natal se voorste dekor-, ontwerp- en leefstyluitstalling. Dis oop van 10:00 tot 20:00 en kaartjies kos van R15 tot R70. Besoek decorex.co.za.
Randfontein-skou
4-8 Maart, Greenhills-sportstadion, Randfontein
“Die Lekkerste Kuierskou” bied gesinspret, kos en vermaak uit die boonste rakke, soos The Parlotones en Robbie Wessels. Daar is ook ’n buitelewe- en 4x4-ekspo, boerboelskou, stalletjies,…
