Bok, bok, lê styf
My Jack Russell en hierdie weggooi-steenbok, wat op die plaaswerf woon, het beste maats geword – hulle doen alles saam. – Georgie van der W alt, Koffiefontein
Voor in die koor
Wanneer ons met vakansie is, is Abby aan die stuur van sake. – Juliet Viviers, Namibië
Tog te statig
Courage, ’n Maine Coon, poseer vir die kamera. – Althea Pelser, Strand
Ou vriende
“Spyker” (links) hou ’n beskermende ogie oor sy beste maats, Bella (9) en Mitzi (11), van sy spesiale uitkykpunt. – Linda Funnell, Pinetown
Deur die blare
Kenzo is dol daarop om heeldag boom te klim. – Julie-Ann Schmidt, Oos-Londen
Toegewyde voorman
Billy, ’n Griffon Bruxellois, is baie ernstig oor sy werk as hooibaal-toesighouer. – Kerry Cochrane, Johannesburg
Winkels toe!
Blik se deksel…
