Wat is “potstickers”?
Dié Oosterse deegbondeltjies kan verskillende vulsels hê en word met ’n geurige doopsous voorgesit. Soms word dit eers gestoom en daarna in ’n pan gebraai tot gaar (vandaar die naam); ek braai hulle eers en stoom hulle dan om seker te maak die vulsel is gaar.
Potstickers
Genoeg vir so 60 deegbondeltjies Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 10 minute
• 250 ml kool, fyngekap• 100 g sampioene, fyngekap• 2 knoffelhuisies, gekneus• 2 sprietuie, fyngekerf• 15 ml hoisinsous• 1 duimgroot stuk vars gemmer, fyngekap of gerasper• 10 ml sesamolie• 1 rooi brandrissie, gekap• 500 g varkmaalvleis• 60 stukkies gekoopte wontondeeg (sirkels, nie vierkante nie)• 30 ml sonneblomolie DOOPSOUS
• 5 ml rissiesous• 60 ml sojasous• 10 ml sesamolie• 2,5 ml suiker• 2,5 ml ryswynasyn 1 Plaas die maalvleis in ’n mengbak. Voeg die sampioene, knoffel, sprietuie, hoisinsous, gemmer, sesamolie en brandrissie by die vleis in…
