Laekoolhidraatdiëte het eers die vermindering van suiker-en styselryke kosse bevorder, met verhoogde verbruik van gesonde vette en matige inname van proteïen. Soos dié manier van eet egter ontwikkel het, het proteïen al hoe prominenter geraak.
Dr. Ted Naiman, ’n dieetkenner en skrywer van The P:E Diet, stel dit so: ‘As jou liggaam ’n motor was, sou vette en koolhidrate die brandstof wees. Maar proteïen is die kar. ’n Laekoolhidraatdieet wat al die fokus op die petrol plaas, en nie op wat nodig is vir die herstel en instandhouding van die liggaam nie, mis die groter prentjie.’
Dis belangrik om genoeg proteïen te eet, want dit is verantwoordelik vir die bou, herstel en instandhouding van ons liggaam se struktuur – spiere, been, organe, bloed, hare, tande en naels. Vette en koolhidrate…
