ANKE-MARIE HEYMANS
(33), DIEETKUNDIGE, POTCHEFSTROOM
Vele terugslae het haar geleer haar land en haar mense is goud werd, sy bly nét hier. Dis ook hoekom dié vasbyter, ’n ‘jong Wilma van der Bijl’, weer ingeskryf het vir Voorbladgesig
V Hoekom wil jy so graag SARIE Voorbladgesig wees?
A Ek het seker al agt keer ingeskryf, ek’s nie eens seker nie! My pa, Piet Bronkhorst, ’n boer, het altyd gesê ek’s ’n vasbyter. Ek glo elke vrou dra ’n storie van krag, sagtheid en lig in haar. Ek skryf in vir my broer, ma en dogtertjies. My boetie, Pietie, is in 2013 op 36 in ’n veldbrand in die Oos-Kaap dood. My ma, Debbie, het soveel tyd in my ingeploeg. Sy het ’n gewilde boetiek, Kimi Clothing, op Potchefstroom. My kleintjies,…
