INSPIREERDERHOOP EN GENADE In die ingangsportaal van Frieda van den Heever se huis in Boston, Bellville, hang ’n plaatjie met die spreekwoord: Dankbaarheid is die hart se geheue. Woorde wat ook getatoeëer was op haar man, Leon Kruger, se arm.
“Om te onthou hoe om dankbaar te wees was vir hom belangrik. Ons, ek en my twee seuns, probeer ook so leef. Onlangs met Vadersdag was hulle so hartseer, maar toe sê ons dankie vir die mans in hul lewe wat vaderfigure is. Hul oupas, my broer, Leon se broer, ’n paar van my goeie mansvriende wat soos broers is . . .”
Leon, dramaturg, regisseur en akteur, is op 15 Julie 2021 aan ’n kombinasie van Covid-19 en ’n bloeiende maagseer oorlede. Ná sy dood wou hul oudste, Sebastian…