Klaargaar kos, Uber Eats, wegneemetes, kitskos. Dis die era waarin ons leef. Maar onthaal, sal ons onthaal. En dít met ’n sense of occasion. Of jy bloedjonk of ouer is.
Dis veral onder millenniërs ’n tendens, sê Aleit Swanepoel, stigter van The Aleit Group wat geleenthede beplan. Hy’s ook ’n TV-aanbieder. Selfs millenniërs wat nog by hul ouers woon, onthaal daar, sê hy. “Dit gaan oor sosialisering, intimiteit en gehaltetyd met vriende. Jy kan selfs sê nostalgie herleef.” Soos Monica van der Walt, SARIE se skoonheidsredakteur, wat gereeld onthaal, dit stel: “Ervarings gedeel is meer waardevol as besittings.”
“Nie almal wil buitendien in klubs of kroeë rondhang nie,” sê Maret Steyn, ’n student van Kaapstad. “Tuiskos is boonop goedkoper as uiteet.”
Sommige onthalers het kostemas, ander reis oorsee en kry…
