Weens ’n skedule wat maagsere en premature haarverlies veroorsaak, was my teenwoordigheid by die huis vir my ma se vorige paar verjaardae maar yl gesaai. Dit was dus hoog tyd dat ek en my twee susters, Marcél en Claudi, saamspan vir dié geleentheid hierdie jaar. “Die vrou werk hard en sy verdien dinge,” sê Marcél en stig net daar ’n WhatsApp-groep. Al drie van ons is stilletjies senuweeagtig – die laaste geleentheid wat ons saam beplan het, was ons pa se begrafnis.
Wat ’n fantastiese tyd wat ek gekies het om op te hou rook.
So, met ’n tema, ’n kleurskema en hoop in ons harte, skop die beplanning vir my ma se verjaardagpartytjie af. Iemand bak ’n koek, geskenke word toegedraai, ’n baba huil, die hond verslind iets kosbaars,…
