Jy rý nie op Roete 62 nie, jy hou aanmekaar stil.
Die Kaapse aktrise en komediant Marion Holm sê dis wat sy doen. “Jaarliks, op pad na die Kunstefees op Oudtshoorn, is dit my pad want ek hou stil by Louretta’s Cake Boutique op Robertson, die beste bakkery in die land, met pasteie van regte skilferkorsdeeg wat my oorrompel.”
Dís waarvan sy hou, dat die pad jou laat stilhou, dink, tot verhaal laat kom.
CNN Travel (van die Amerikaanse nuuskanaal) het vanjaar Roete 62 as een van die 10 beste padbestemmings ter wêreld aangewys. Anita Rossouw en Lounette Fourie, SARIE se dekorredakteurs, stem saam: “Elke dorpie is mooi en bied iets besonders. Dit is eg plattelands. Hou jy stil by padstalle, gesels jy met die eienaars oor ’n koppie moerkoffie…